South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
You are here: SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 229 | Noteup | LawCiteShoprite Checkers (Edms) Bpk v Bumpers Schawarmas BK and Ander (393/2000) [2010] ZAWCHC 229 (22 June 2010)
Download original files | Bookmark/share this page |
IN DIE HOE HOF VAN SU1D-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK NO: 393/2000
DATUM 22 JUNIE 2010
In die saak tussen:
SHOPRITE CHECKERS (EDMS) BPK …...................................................Applikant
en
BUMPERS SCHWARMAS BK …..................................................1ste Respondent
RUDOLF JACOBUS KLOPPER …..................................................2de Respondent
MEDELAINE JOHANNA KLOPPER …...........................................3de Respondent
UITSPRAAK
(Aansoek vir verlof om te appelleer)
J MULLER, WnR:
Ek het die argumente aangehoor van die partye. Dit is nie nodig dat ek Vi volledige uitspraak lewer nie. Ek sal volledige redes verskaf indien dit aangevra word. Ek is tevrede dat 'n ander Hof moontlik tot "h ander bevinding kan raak en dat dit die uitslag van die saak kan affekteer. Mnr Kuschke het drie punte in die besonder uitgelig waarop 'n ander Hof namens sy betoog tot h ander bevinding sou kon raak. Dit sou net nodig wees, natuurlik, in die konteks van hierdie saak. dat een van daardie punte moontlik deur Yi ander Hof op 'n ander wyse benader word of h ander Hof Vi uitsluitsel sou gee om die saak ten gunste van die eiser te beslis
Ek is tevrede dat daar "n redelike moontlikheid bestaan dat, ten minste op een van die punte wat deur mnr Kuschke uitgewys is, 'n ander Hof tot 'n ander uitsluitsel sou kom en derhalwe staan ek VERLOF TOE OM TE APPELLEER NA DIE VOLBANK VAN HIERDIE HOF, DIE KOSTE VAN HIERDIE AANSOEK OM VERLOF TOT APPgL SAL KOSTE IN DIE APPEL WEES.
J MULLER, WnR

RTF format