South Africa: Free State High Court, Bloemfontein

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >> 2009 >> [2009] ZAFSHC 40

| Noteup | LawCite

S v Mokgokane and Others (775/08) [2009] ZAFSHC 40 (26 March 2009)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/Share this page

Bookmark and Share

VRYSTAAT HOË HOF, BLOEMFONTEIN

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA



Hersiening Nr. : 775/08



In die hersiening tussen:-


DIE STAAT


versus


THIPE BENJAMIN MOKGOKANE Beskuldigde een

LEBOHANG SIMON MABELEA Beskuldigde twee

PETRUS PULE MAPUTSI Beskuldigde vier

_____________________________________________________


CORAM: VAN DER MERWE, R et JORDAAN, R

_____________________________________________________


UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE, R

_____________________________________________________


GELEWER OP: 26 MAART 2009

_____________________________________________________


[1] Die voormelde drie persone, beskuldigdes een, twee en vier by die verhoor, is elk skuldigbevind aan diefstal van vyf beeste en gevonnis tot 14 (veertien) maande gevangenisstraf waarvan 4 (vier) maande gevangenisstraf opgeskort is vir 4 (vier) jaar op voorwaarde dat die beskuldigdes nie skuldigbevind word aan diefstal gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.

[2] Die gemelde beskuldigdes se vonnisse is onderworpe aan outomatiese hersiening ingevolge die bepalings van artikel 302 van die Strafproseswet, Nr. 51 van 1977. Die oorkonde van die verrigtinge wat vir hierdie doel na hierdie Hof gestuur is, is egter wesenlik gebrekkig. Die gehele getuienis van beskuldigdes nommer een en twee en die hoofgetuienis van geskuldigde drie ontbreek. By navraag rapporteer die landdros dat hy vasgestel het dat die opnamemasjien op die betrokke dag om een of ander onverklaarbare rede geen opname van die verrigtinge gemaak het nie, dat sy notas intussen verlore geraak het en dat dit nie moontlik is om die vermiste gedeelte van die oorkonde van verrigtinge te rekonstrueer nie. Daar is geen rede waarom hierdie mededelings nie aanvaar sal word nie.


[3] Die beskuldigdes is geregtig op die voordeel van outomatiese hersiening van die verriginge ten einde te bepaal of dit ooreenkomstig die reg was. Omdat die oorkonde wesenlik gebrekkig is, is hierdie voordeel vir die beskuldigdes verlore, sonder enige skuld aan hul kant. In hierdie omstandighede moet die skuldigbevindings en vonnisse tersyde gestel word.

[4] Die skuldigbevindings en vonnisse van beskuldigdes een, twee en vier word tersyde gestel.




________________________

C.H.G. VAN DER MERWE, R



Ek stem saam.





_______________

A.F. JORDAAN, R




/sp