South Africa: Free State High Court, Bloemfontein

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >> 2008 >> [2008] ZAFSHC 80

| Noteup | LawCite

S v Dlamini (456/2008) [2008] ZAFSHC 80 (14 August 2008)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/Share this page

Bookmark and Share

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)


Saak Nr. : 456/2008

In die saak tussen:


DIE STAAT


en


ALEX TANDEKANE DLAMINI



CORAM: WRIGHT, R et VAN DER MERWE, R



UITSPRAAK: VAN DER MERWE, R



GELEWER OP: 14 AUGUSTUS 2008



[1] Die beskuldigde is na ‘n pleit van skuldig skuldig bevind aan handeldryf in 100 kilogram dagga ter oortreding van die bepalings van artikel 5(b) van Wet nr. 140 van 1992 en is gevonnis tot 12 maande gevangenisstraf in geheel voorwaardelik opgeskort vir 5 jaar asook ‘n boete van R8 500,00 of by wanbetaling 15 maande gevangenisstraf.


[2] Die beskuldigde was onverdedig en die saak was as gevolg van die voormelde vonnis onderworpe aan verpligte outomatiese hersiening deur hierdie Hof ingevolge die bepalings van Artikel 302 van die Strafproseswet, Nr. 51 van 1977. Die landdros rapporteer egter nou dat die oorkonde van die verrigtinge, wat elektronies opgeneem is, ten spyte van verskeie pogings van tegnici nie transkribeer kan word nie. Die landdros sê verder dat hy geen aantekeninge gehou het nie en dat dit dus nie moontlik is om die rekord van verrigtinge te rekonstrueer nie.


[3] As gevolg van die voormelde ontbreek wesenlike gedeeltes van die rekord van verrigtinge, besonderlik die ondervraging ingevolge Artikel 112(1)(b) van die Strafproseswet en die vonnisverrigtinge. Dit is gevolglik nie moontlik om te bepaal of die verrigtinge ooreenkomstig die reg was nie. In so ‘n geval moet die skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel word. Sien byvoorbeeld S v FREDERICKS 1992 (1) SASV 561 (K) op 562.


[4] Gevolglik word die skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel.





__________________________

C. H. G. VAN DER MERWE, R


Ek stem saam.







_________________

G. F. WRIGHT, R



/em