South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
You are here: SAFLII >> Databases >> South Africa: Free State High Court, Bloemfontein >> 2008 >> [2008] ZAFSHC 3 | Noteup | LawCiteS v Dithoko (09/2008) [2008] ZAFSHC 3 (31 January 2008)
Download original files | Bookmark/Share this page |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr. : 09/2008
In die hersiening van:
DIE STAAT
versus
AUBUTI DITHOKO
CORAM: HANCKE R et VAN ZYL R
UITSPRAAK: HANCKE
R
_____________________________________________________
GELEWER OP: 31 JANUARIE 2008
Die beskuldigde hierin het tereggestaan op ‘n aanklag van verkragting (en nie aan oortreding van artikel 50(a) en 48(1)(2)(a) en (b) van Wet 16 van 1998, soos aangedui deur die J4 nie). Alvorens die saak afgehandel kon word, het die bande wat vir transkripsie gestuur is, verlore geraak. Insgelyks het die landdros se handgeskrewe notas op onverklaarbare wyse uit sy kantoor verdwyn.
Die landdros gee te kenne dat hy nie instaat is om die notule sinvol te konstrueer nie, en lê dit nou voor as ‘n spesiale hersiening in terme van artikel 304A van Wet 51 van 1977 met die versoek dat die verrigtinge tersyde gestel word. Na my mening is dit gepas dat daar aan hierdie versoek voldoen word.
Bygevolg word die verrigtinge tersyde gestel en gelas dat die saak de novo voor ‘n ander streekhoflanddros verhoor word.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Ek stem saam.
____________
C. VAN ZYL, R
/sp

RTF format