South Africa: High Courts - Eastern Cape

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Courts - Eastern Cape >> 2008 >> [2008] ZAECHC 85

| Noteup | LawCite

S v Lawens and Another (CC105/2007) [2008] ZAECHC 85 (28 March 2008)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/Share this page

Bookmark and Share

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRICA

(OOS-KAAPSE AFDELING)


SAAK NOMMER: CC105/2007


In die saak tussen:


DIE STAAT


en


MOOS LAWENS BESKULDIGDE 1

ERIC FOSSIE BEN BESKULDIGDE 2



UITSPRAAK



PLASKET, R


[1] Die beskuldigdes staan tereg op ‘n aanklag van verkragting. Hulle het onskuldig gepleit. Die akte van beskuldiging beweer dat ‘upon or about 16 February 2007 at or near Perledene Farm, in the district of Cradock, the accused unlawfully and intentionally had sexual intercourse with Letitia Williams, a 12 year old girl, without her consent and against her will’.


[2] Die opsomming van wesenlike feite dui soos volg oor die manier van die verkragting:

2. She went to visit her aunt. Upon her arrival at her aunt’s house she found the accused and other adults drinking.

3. The two accused forced the complainant to drink some of the liquor. The complainant became intoxicated and went to sleep on one of the two beds in the room.

4. Accused no. 1 appeared and picked her up. He handed her through a window to accused no. 2 who was outside at the back of the house. Accused no. 2 took off the complainant’s pants and underwear and pushed her down. He raped her. The complainant was crying. Accused no. 2 put his hand over her mouth. After accused no. 2 had finished raping the complainant, accused no. 1 took the complainant into the house.

5. The complainant reported to her aunt and accused no. 1 that accused no. 2 had raped her. The complainant slept on a bed in the same bedroom where her aunt and accused no. 1 were sleeping. Later accused no. 1 raped the complainant on the bed in the bedroom. Her aunt confronted him whilst he was busy raping the complainant. He stopped and the complainant was told to leave. ‘


[3] Paragraaf 7 van die opsomming van wesenlike feite beweer dat ‘the two accused at all material times acted in furtherance of a common purpose to commit rape’.


[4] Die eerste getuie wat deur die Staat geroep is, was Letta Williams, die klaagster se tante. Sy het getuig dat, op 17 Frebruarie 2007, het die klaagster, saam met twee ander kinders, Cheeky and Pinkie, by haar huis opgedaag. Die klaagster was dronk toe sy aangekom het. ʼn Rukkie daarna het die klaagster die huis verlaat in die geselskap van Cheeky and Pinkie.


[5] Mej Williams getuig verder dat toe vier van hulle vriende – mense wat op ʼn ander plaas woon – geloop het, het sy, beskuldigde 1 en haar kind gaan slaap. Hulle het in die selfde bed geslaap.


[6] In die vroeg oggend ure was sy deur ʼn geraas van buite die huis wakker gemaak. Die klaagster het aan die deur geklop. Bekuldigde 1 het die deur oopgemaak en die klaer het gehuil en gesê dat sy deur beskuldigde 2 verkrag was. Sy het ʼn hemp gedra en ʼn trui was om haar middlelyf vasgemaak om haar nakende onderlyf te beklee. Mej Williams het vir haar gesê sy moet op ʼn klein bed, langs dié van haar, haar man en haar kind, gaan slaap.


[7] Sy het later weer wakker geskrik en gesien dat beskuldigde 1 besig is om seks te hê met die klaagster op die klein bed. Sy het die eletriese lig aangeskakel en hom gevra wat doen hy. Hy het vir haar gevloek en gedreig dat hy haar sal aanrand. Toe hy klaar was het hy saam met haar in die bed geklim. Hy wil seks met haar ook hê maar sy het geweier.


[8] Die volgende oggend het die klaagster die plaas verlaat. Sy het na haar ma se huis, op ʼn plaas op die pad tussen Cradock en Hofmeyer gegaan.


[9] Die volgende getuie was ‘Cheeky’ Jak Adams, ʼn 10 jarige seun. Ek het hom ondervra om te bepaal of hy die aard en betekenis van die eed begryp en dat hy die verkil tussen die waarheid en onwaarheid verstaan. Hy het nie ʼn goeie indruk gemaak nie en dit het aanvanklik vir my gelyk dat hy nie ʼn bevoegde getuie sou wees nie. Die hof het verdaag tot die volgende dag.


[10] Die volgende dag was Cheeky weer as getuie geroep en op hierdie aangeleentheid het hy beter gevaar. Hy het my vrae ordentlik beantwoord en hy het verduidelik dat hy op die vorige dag baie senuweeagtig was weens die feit dat hy nooit vantevore getuienis moes aflê nie. Ek het besluit dat hy die verskil tussen die waarheid en onwaarheid verstaan maar dat hy nie die aard en betekenis van die eed verstaan nie. Ek het hom volgens artikel 164(1) van die Strafproseswet 51 van 1977 gewaarsku.


[11] Hy het getuig dat hy bly, saam met sy ouers, op die plaas Perledene. Sy ouers se huis is twee huise vanaf beskuldigde 1 se huis.


[12] Op die betrokke dag het hy die klaagster sien aankom. Sy het ʼn tas gedra en sy het geslinger. Hy het opgemerk dat sy dronk was. Hy en sy vriend Pinkie het saam met haar na beskuldigde 1 se huis gestap. Sy was klaarblyklik van plan om daar te slaap. Hulle het haar daar gelos en huistoe gestap.


[13] Cheeky en Pinkie het kort daarna gaan slaap. ʼn Rukkie later was hulle deur ʼn man bekryf as Boesman wakker gemaak. Hy het vir hulle gesê hulle moet kom kyk wat beskuldigde 2 doen met die klaagster. Hulle het buite die huis gaan staan en gesien dat beskuldigde 2 die klaagster om die hoek van ʼn huis trek. Die klaagster het geskree en probeer om teenstand te bied.


[14] Cheeky het vir beskuldigde 2 gevra wat doen hy maar beskuldigde 2 het vir hom gevloek. Cheeky het toe vir die klaagster gesê dat sy moet sorg dat beskuldigde 2 ‘gevang’ word vir wat hy doen. Beskuldigde 2 het die klaagster om die hoek van die huis van ene Pannie getrek. Cheeky en Pinkie het weer gaan slaap.


[15] Cheeky het die klaagster die volgende oggend gesien. Sy het hom gevra dat hy saam met haar na die teerpad loop want sy wou ryloop huis toe. Sy het vir hom gesê dat sy die vorige aand verkrag was.


[16] Toe Cheeky weer by sy huis gekom het, het hy gehoor dat Letta Williams vir sy ma sê dat die vorige aand het sy bekuldigde 1 met die klaagster betrap.


[17] Selia Williams, die klaagster se ma het getuig dat toe die klaagster by haar huis aangekom het, het sy aan haar gerapporteer dat sy deur beskuldigde 1 en beskuldigde 2 verkrag is. Sy het die klaagster ondersoek en opgemerk dat haar privaat dele geswel was, dat daar bloed in haar urine was en dat daar krapmerke op haar liggaam was. Die polisie was ontbied en, na ʼn paar dae, was die klaagster by die hospitaal medies ondersoek.


[18] Dr Marcel Schutte het die klaagster medies ondersoek op 21 Februarie 2007. Die eerste kliniese bevinding wat deur haar gemaak is, volgens die J88 vorm wat sy voltooi het, lui soos volg: ’Bruises over whole body as per diagram – dragged across coarse surface’. Sy het kneusings ingeteken op die diagrame op die laaste bladsy van die vorm op die klaagster se regter bobeen, aan die buite gedeelte en ook voor, aan die linker sy en op die linker bors, op die buite gedeelte van die linker bobeen, op die linker skouer, linker rug onder die skouerblad, op die boude en op altwee elmboë.

[19] Toe sy die privaatdele van die klaagster ondersoek het, het sy sekere kneusings bevind, en ook dat die hymen geswel en geskeur was in vyf plekke. Sy het die skeure beskryf as vars skeure en getuig dat dit aanduidend was van penetrasie van die vagina. Sy het ‘n witterige afskeiding opgemerk. Sy het tot die gevolgtrekking gekom dat daar positiewe bywys was van ‘physical and sexual assault’ en verder dat bewys bestaan dat die klaagster verkrag was.


[20] Die klaagster het getuig dat, op die betrokke dag in Februarie 2007, het sy by Perledene Plaas aangekom. Sy aanvaar dat sy klaar dronk was: sy het vroër met haar vriende alkohol gedrink. Sy was van plan om by haar tannie, Letta Williams, en haar oom, beskuldigde 1, te kuier.


[21] Toe sy by haar tannie en oom se huis aangekom het, het sy gesien dat ʼn aantal mense daar gedrink het. Beskuldigde 1 en 2 was deel van hierdie groep mense.


[22] Sy het getuig dat beskuldigde 1 het vir haar drank aangebied maar sy het geweier om dit te drink. Beskuldigde 2 het haar hande vas gehou en haar mond oop gemaak, en beskuldigde 1 het haar geforseer om drie glase drank te drink.


[23] Sy het na die slaapkamer gegaan om te slaap maar, sê sy, beskuldigde 1 het ingekom, die venster oopgemaak en haar deur die venster oorhandig aan beskuldigde 2.


[24] Hy het haar weggesleep, haar panties uitgetrek en haar verkrag. Sy bevestig dat panties wat langs een van die plaaswerkers se huise gevind was, wel haar panties was. Beskuldigde 1 het aangekom, beskuldigde 2 gevra wat doen hy en vir hom gevloek. Beskuldigde 2 het weggehardloop en beskuldigde 1 het die klaagster terug na die huis gevat. Sy het gaan slaap in ʼn klein bed langs die van beskuldigde 1 en sy vrou.


[25] Sy het later wakker geword toe beskuldigde 1 in haar bed geklim het. Hy het haar toe verkrag. Sy het geskreeu en haar tannie het wakker geword. Sy het gevra wat doen beskuldigde 1 maar hy het haar gedreig.


[26] Die volgende oggend het sy haar tas by die huis van Cheeky gekry en huistoe gegaan. Sy het aan haar ma rapporteer dat sy deur albei beskuldigdes verkrag was. Sy was later deur ʼn dokter ondersoek.


[27] Bekuldigde 1 het getuig dat, op die betrokke dag, het hy en sy vrou begin om te drink om en by 12h00. Hy het later sy seun gesteur om die ander plaaswerkers te nooi om by sy huis te kom drink. Vier van hulle, naamlik beskuldigde 2, Pannie, Deon en Boesman het ʼn rukkie daarna aangekom. Hulle het in die voorhuis gesit en drink.


[28] Later die middag het die klaagster aangekom. Hy het opgelet dat die klaagster dronk was. Sy het haar tas gevat na Cheeky se huis en terruggekom. Sy en beskuldigde 1 se jong seun het dan vir ʼn rukkie gedans.


[29] Om en by 19h00 het beskuldigde 1 gesê dat die mense moet nou huistoe gaan want hy wil gaan slaap. Hy wou gereed wees vir werk die volgende oggend. Die mans het na Jan se huis gegaan. Jan is Cheeky se pa. Hy en sy vrou was weg van hulle huis vir die aand. Jan se huis was oorkant die huis van beskuldigde 1. ʼn Paar minute nadat die mans geloop het het die klaagster ook na Jan se huis gegaan.


[30] Beskuldigde 1 sê hy het toe gaan slaap. Sy vrou het hom wakker gemaak toe dit klaar lig was buite en gesê het dat iemand skreeu buite. Hy het gehoor dat dit die klaagster is, en dat sy die woorde: ‘Oompie, oompie’ geskreeu het. Hy het die deur oopgemaak en gesien dat sy om ʼn plaaswerker se huis kom. Sy het binne sy huis gekom en vir hom en sy vrou gesê dat Deon het op haar in die tuin gelê. Hy het opgelet dat ʼn trui om haar middellyf gebind was.


[31] Hy het homself regemaak vir werk en later het sy baas aangekom. Hy is toe weg met die baas om te werk. Die klaagster was op daardie tydstip by Jan se huis.


[32] Beskuldigde 1 ontken dat hy die klaagster forseer het om te drink, dat sy deur hom deur die venster aan beskuldigde 2 gegee was, dat hy haar verkrag het en dat sy by sy huis daardie aand geslaap het.


[33] Beskuldigde 2 bevestig dat hy, Pannie, Deon en Boesman saam met beskuldigde 1 by sy, beskuldidge 1, se huis gedrink het op die betrokke dag vanaf 12h00 tot 19h00. Hy het ook opgelet dat die klaagster dronk was toe sy by beskuldigde 1 se huis aangekom het. Toe beskuldigde 1 gesê het dat hulle moet loop het hulle na Jan se huis gegaan. ʼn Paar minute daarna het die klaagster daar aangekom. Sy het met Cheeky en Pinkie vir ʼn rukkie gedans en toe het hulle na die slaapkamer gegaan en gespeel.


[34] Beskuldigde 2 het besluit om huis toe te gaan. Hy het Jan se huis na 19h30 verlaat. Boesman, sê hy, het om hierdie tyd daar aan die slaap geraak vanwee die alkohol wat hy gedrink het. Hy is toe weg en het die hele aand by sy huis geslaap.


[35] Die volgende oggend het hy na Jan se huis gegaan op soek na koerant papier. Hy het die klaagster in die slaapkamer saam met Cheeky en Pinkie gesien. Sy het ʼn trui om haar middellyf en ʼn skipper op haar bolyf gedra.


[36] Hy is toe weg. Later die oggend het Pannie vir hom gesê dat Deon het in die oggend by sy huis aangekom, vinnig gewas en aangetrek en werk to gegaan.


[37] Beskuldigde 2 ontken dat hy die klaagster forseer het om alkohol te drink, dat sy deur beskuldigde 1 aan hom deur die venster oorhandig was en dat hy haar verkrag het.


[38] Ek sal nou die getuienis analiseer en bevindings daaroor maak.


[39] Dit moet aanvaar word dat die klaagster wel verkrag was op 18 Februarie 2007 op die plaas Perledene. Dr Schute se getuienis en die inhoud van haar verslag is bewys bo redelike twyfel dat die klaagster wel verkrag is. Dit word nie deur die verdediging betwis dat die verkragting op dié plek en datum gepleeg was. Die enigste geskilpunt is eintlik of die beskuldigdes die klaagster verkrag het al dan nie.


[40] Die klaagster was, myns insiens, ʼn swak getuie. Daar mag verskeie redes wees vir haar swak vertoning in die getuiebank. Sy is jonk, sy was seker deur die verkragting verwond, sy het dit moeilik bevind om vir redelik lang periodes te konsentreer en dit was gemenesaak dat, op die betrokke dag, sy dronk was. Ek moet haar getuienis met versigtigheid benader.


[41] Sy het dit moeilik bevind in kruisondervraging om ʼn bevredigende en aanvaarbare weergawe te gee oor hoe sy deur beskuldigde 1 deur die venster aan beskuldigde 2 oorhandig was. Haar weergawe dat sy geforseer was om alkohol te drink is teenstrydig met die getuienis van Mej Williams. Haar getuienis oor hoe beskuldigde 1 haar met beskuldigde 2 gevind het en wat daarna gebeur het maak geen sin nie en is ook teenstrydig met die getuienis van Mej Williams.


[42] As gevolg van die gebrekke in die klaagster se getuienis is ek nie bereid om dit te aanvaar tensy dit deur ander aanvaarbare getuienis gestaaf is. Ek verwerp, spesifiek, haar getuienis dat sy geforseer was om te drink deur die beskuldigdes en dat sy deur die venster aan beskuldigde 2 deur beskuldigde 1 oorhandig was, asook dat beskuldigde 1 haar buite bevind het terwyl beskuldigde 2 haar verkrag het.


[43] Na my mening was Mej Williams ʼn goeie getuie. Sy aanvaar dat sy ʼn klein bietjie alkohol gedrink het. Miskien het sy meer gedrink as was sy gesê het maar haar getuienis was logies en egalig. Sy het getuig dat as gevolg van die feit dat sy beskuldigde 1 impliseer het en beskuldigde 1 gearresteer en aangekla was, het sy die reg verloor om in die huis op die plaas te bly. Onder kruisondervraging het sy volstaan by haar weergawe. Dit is ook duidelik dat, al kon sy aspekte van die voorval maklik vergroot om die saak teen albei beskuldigdes sterker te maak, het sy dit nie gedoen nie.


[44] Die belangrike aspekte van haar getuienis is dat die klaagster die huis vrywillig verlaat het om en by 19h00; dat sy terruggekom het in die vroeë oggend ure – om en by 1 uur, sê sy; dat die klaagster gerapporteer het dat sy deur beskuldigde 2 agter die huis verkrag was; dat sy ʼn trui om haar middellyf gebind het; en dat beskuldigde 1 in haar teenwoordigheid en binne ʼn meter en ʼn half van haar af, die klaagster verkrag het.


[45] Ek was ook deur Cheeky Adams beindruk. Ek het melding gemaak van die feit dat hy eers probleme ondervind het om vrae te beantwoord oor of hy die aard en betekenis van die eed begryp en of hy die verskil tussen die waarheid en onwaarheid verstaan. Hy het, toe hy later weer geroep was, ʼn bevredigende verduideliking gegee vir hierdie probleme. Hy het toe getuienis afgelê van ʼn hoë gehalte, wat eenvoudig en helder was. Hy, anders as die klaagster, Mej Williams en die beskuldigdes, was heeltemal nugter.


[46] Cheeky Adams se getuienis staaf die getuienis van die klaagster deurdat hy haar gesien het toe beskuldigde 2 – wie hy goed ken – haar trek terwyl sy probeer het om te keer.


[47] Die getuienis van die klaagster dat sy deur beskuldigde 2 verkrag is word gesteun deur die volgende: die getuienis van Mej Williams dat die klaagster haar huis verlaat het na beskuldigde 2 en sy vriende geloop het; die getuienis van Cheeky Adams dat hy vir beskuldigde 2 gesien het toe hy die klaagster weg trek; die getuienis van Dr Schutte dat sy kneusings op verskeie dele van die klaagster se ligaam opgemerk het en dat dit aanduidend was dat sy oor rowe grond gesleep was of selfs dat iemand bo-op haar gelê het op rowe grond; haar getuienis ook dat die klaagster gepenetreer was; die getuienis van Mej Williams dat die klaagster by haar huis opgedaag het in die vroeë oggend ure sonder haar broek of damesbroekie; en dat die klaagster wel geraporteer het dat sy deur beskuldigde 2 verkrag was.


[48] Die klaagster se getuienis dat sy later deur beskuldigde 1 verkrag is word gesteun deur die direkte getuienis van Mej Williams, en die getuienis van Dr Schutte dat die klaagster gepenetreer was.


[49] Die getuienis van beskuldigde 1 is teenstrydig met die getuienis van Mej Williams en die klaagster deurdat hy getuig het dat die klaagster nooit in die slaapkamer van sy huis geslaap het nie. Volgens hom het die klaagster by sy huis aangekom, na die eerste verkragting, toe dit klaar lig was. Hy het ook getuig dat toe die klaagster by sy huis die vorige aand opgedaag het was dit die eerste keer wat sy by daardie huis was. Hierdie weegawe was nie aan die klaer gestel nie en, as sy nie in die slaapkamer was nie, sou sy nie geweet het dat daar twee beddens daar was nie. Sy sou ook nie die slaapkamer akkuraat beskryf het soos wat sy gedoen het nie.


[50] Beskuldigde 1 se weergawe toon verskeie verdere onwaarskynlikhede aan. Byvoorbeeld, dit is hoogs onwaarskynlik dat, as hy wel onskuldig was, hy nie vir sy baas gesê het dat sy vrou se niggie op die plaas, ʼn paar ure terug, verkrag was. Sy pogings om sy versuim te verduidelik het eintlik misluk. Dit is ook hoogs onwaarskynlik dat Mej Williams, wat vir 20 jaar in ʼn verhouding met hom was en heeltemal afhanklik aan hom was, sou hom vir geen rede, en nadelig vir haar, hom valslik impliseer.


[51] Beskuldigde 2 het my aanvanklik beindruk as getuie maar, soos sy kruisondervraging gevorder het, het hy probleme begin optel. In sy getuienis in hoof het hy gesê dat vroeg die Maandag oggend het hy die klaagster in Cheeky se kamer gesien. Hy het ook gesê dat Pannie het hom vertel dat Deon eers in die oggend huistoe gekom het, gou gewas en geeët het en werk toe gegaan het. Die doel van hierdie getuienis was seker om Deon te impliseer.


[52] Toe hy kruisondervra is het hy nuwe getuienis – wat sou baie belangrik gewees het – bygevoeg. Hy het eers gesê dat toe hy na Jan se huis gegaan het op die Maandag oggend het hy die klaagster in die slaapkamer gesien met ʼn trui om haar middellyf vasgemaak. Sy het niks gesê oor ʼn verkragting nie. Later sê hy dat later die oggend het Pannie vir hom gesê het dat hulle moet na Jan se huis gaan want die klaagster soek haar klere. Pannie sê ook dat Deon het met die klaagster die vorige aand in die tuin gelê. Dan voeg hy by dat by die huis het Pannie vir die klaagster gesê dat sy en Deon het in die tuin gelê. Sy het klaarblyklik nie onthou nie maar toe Pannie haar herinner het, het sy tuin toe gegaan. Toe sy terruggekom het, het sy ʼn paar swart broeke gedra.


[53] Hierdie getuienis was nooit aan die klaagster of Cheeky gestel nie. Soos ek alreeds gesê het, beskuldigde 2 het nooit melding hiervan gemaak nie in sy getuienis in hoof nie. Selfs in kruisverhoor het hy versuim om dit te noem toe hy aanvanklik die kans gekry het. Myns insiens het hy hierdie weergawe opgemaak toe hy onder druk geplaas was in kruisverhoor. Dit is, in elk geval, onwaarskynlik dat Pannie sal hom nooi om saam te kom om hierdie problem te probeer oplos wat niks te doen het met beide van hulle. Dit is aanduidend dat beskuldigde 2 se weergawe vals is.


[54] Die bewyslas rus op die Staat in ʼn strafsaak om die skuld van die beskuldigde te bewys bo redelike twyfel. In S v Van der Meyden 1999 (1) SASV 448 (W), op 448f-j het Nugent R die volgende oor hierdie bewyslas en hoe ʼn hof die skuld al dan nie van beskuldigdes oorweeg:

QUOTE


[55] Soos ek hierbo uiteengesit het dui die objektiewe mediese getuienis aan dat die klaagster wel verkrag was en dat sy verder beseer is toe sy op rowe grond gesleep was. Ek is bewus van die swak punte van die getuienis van die klaagster, asook die van ander Staat getuies, maar ek het tot die gevolgtrekking gekom dat haar getuienis dat sy verkrag is deur beide beskuldigdes wel waar is, al is daar aspekte van haar weergawe wat vals is. Die getuienis wat die klaagster se getuienis steun voldoen aan die versigtigheids reëls wat van pas is. Ek is ook van mening dat die weergawes van die beskuldigdes, as hulle in geheel beskou is, vals bo redelike twyfel is, weens die swakpunte waarna ek al reeds verwys het en die feit dat hul wergawes heel onwaarskynlik is in die lig van die objektiese feite en die direkte getuienis wat hulle aan die pleging van die misdaad bind.


[56] Vir hierdie redes bevind ek albei beskuldigdes skuldig aan verkragting.




___________________

C. PLASKET

REGTER


Datum van verhoor:12-16/11/07, 26-27/3/08

Datum Gelewer:28/3/08


Verskynings:

Namens die Staat: Mnr J. Cesar, kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings, Grahamstad

Namens die Beskuldigdes: Mnr C. Nel, Grahamstad