South Africa: High Courts - Eastern Cape

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Courts - Eastern Cape >> 2008 >> [2008] ZAECHC 120

| Noteup | LawCite

S v Jeneker ( 070036 ) [2008] ZAECHC 120 (8 May 2008)

Download original files

PDF format

RTF format

Bookmark/Share this page

Bookmark and Share

FORM A

FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT


PARTIES:


DIE STAAT


TEEN


ANDRIES JENEKER


  • Case Number: 070036

  • High Court: SUIDOOS-KAAPSE PLAASLIKE AFDELING

  • DATE HEARD: 8 May 2008

DATE DELIVERED: 8 May 2008


JUDGE(S): LIEBENBERG R, VAN DER BYL WR


LEGAL REPRESENTATIVES –


Appearances:

  • For the Appellants(s):

  • for the Respondent(s):

Instructing attorneys:

  • Appellant(s)

  • Respondent(s):




CASE INFORMATION -

  1. Nature of proceedings : Review

  2. Topic:

  3. Key Words:




IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(SUIDOOS-KAAPSE PLAASLIKE AFDELING)

HERSIENINGSNR: 070036

DATUM GELEWER:

IN DIE SAAK TUSSEN:


DIE STAAT


TEEN


ANDRIES JENEKER


HERSIENINGS UITSPRAAK

LIEBENBERG, R:


Die beskuldigde was voor die landdros Hankey aangekla van aanranding met die opset om ernstige liggaamlike leed te berokken. Die beskuldigde het skuldig gepleit. Tydens ondervraging deur die landdros ingevolge Artikel 112 (1) (b) van Wet 51 van 1977 (die “Wet”) het sy aan die beskuldigde gevra of hy tydens die aanranding die bedoeling gehad het om die klaagster ernstig te beseer. Op hierdie vraag het die beskuldigde ontkennend geantwoord. Die landdros het hom nogtans skuldig bevind soos aangekla. Die optrede van die landdros stel ʼn onreëlmatigheid daar. Sy moes ooreenkomstig artikel 113 van die wet opgetree het. Weens die vonnis deur die landdros opgelê, is die saak op 27 Maart 2007 voor my gelê vir hersiening.


Op grond van die gemelde onreëlmatigheid het ek ʼn navraag aan die landdros op die voormelde datum gerig. Geen antwoord was nog van die landdros ontvang teen 5 Mei 2008, meer as ʼn jaar later, nie.


Die Hooflanddros van Port Elizabeth het ʼn skrywe aan die Regter President gerig waarin met ʼn aantal hersieningsake waarin navrae aan die betrokke landdros gerig was, gehandel word. Uit die skrywe blyk dit dat al die sake, insluitended die huidige een, reeds vir baie lank uitstaande is sonder dat met die navrae gehandel en die sake afgehandel is. Dit blyk dat die situasie meegebring was deur die landdros se gesondheidstoestand, die voorgeskrewe medikasie en lang tye van siekverlof. Dit blyk dat sy steeds nie in staat is om met haar werk voort te gaan nie en dat sy met siekverlof is tot 27 Junie 2008. Dit is ook onbekend hoe lank haar siektetoestand sal voortduur en hieruit moet afgelei word dat sy moontlik selfs nie na 27 Junie in staat sal wees om haar pligte te hervat nie.


Dit is egter in die belang van gesonde regspleging dat die saak nou mee gehandel moet word, noodwendig sonder die landdros se redes. Omdat die saak reeds so lank uitstaande is, het ek in die bevel wat hierna volg, voorsiening gemaak vir die moontlike afhandeling voor ʼn ander landdros.


Weens die voormelde onreëlmatigheid moet die skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel en die saak na die verhoorhof terug verwys word om ʼn pleit van onskuldig in terme van Atikel 113 van die Wet aan te teken en daarna met die verhoor voort te gaan.


Die volgende bevel word gemaak.


  1. Die skuldigbevinding en vonnis word ter syde gestel.


  1. Die saak word na die landdros terug verwys met die opdrag om ʼn pleit van onskuldig in terme van Artikel 113 van die Wet aan te teken en daarna met die verhoor voort te gaan.


  1. Indien die landdros weens omstandighede wat verband hou met haar siektetoestand nie beskikbaar is op die datum van verhoor om met die verhoor voort te gaan nie, mag die saak voor ʼn ander lanndros gebring word om ooreenkomstig paragraaf 2 hierbo op te tree.


___________________________________

H.J. LIEBENBERG

REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF


VAN DER BYL, WR:



EK STEM SAAM.






_________________________________

P. VAN DER BYL

WAARNEEMENDE REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF